|
Post by katrienakatryn on Apr 15, 2008 10:01:15 GMT -5
15 APRIL Leonardo Da Vinci - Painted by himself 1250 Pous Innocent III weier dat die Spaanse Jode ‘n sinagoge oprig. 1450 Franse magte verslaan die Engelse tydens die geveg te Formigny, gedurende die 100 jaar oorlog. 1452 Leonardo da Vinci, Italiaanse skilder/beeldhouer/wetenskaplike/en visioner word gebore. 1689 Frankryk se koning Louis die XIV verklaar oorlog teen Spanje. 1767 Die hertogin van Kingston word skuldig bevind aan veelmannery. 1788 Engeland, die Nederlande, en Pruise onderteken ‘n vredesverdrag. 1858 Tydens die slag van Azimghur word Spaanse lojaliste deur die Mexikaners verslaan. 1865 Om presies 7:22 sterf Amerika se president, Abraham Lincoln na hy geskiet ia deur John Wilkes Booth 1922 Frederick Banting, John MacLeod & Charles Best ontdek insulien. 1948 Eerste Joods-Arabiese gevegte, met die Arabiere wat aan die kortste ent trek. 1959 Fidel Castro onderneem ‘n welwillendheidstoer na Amerika. 1964 Ian Smith word premier van Rhodesia. 1970 Libie se Kadafi begin sy “Groen Rewolusie.” 1991 Europese ministers hef feitlik alle oorblywende sanksies teen Suid-Afrika op. Aanhaling vir die dag: “Ons is onvervangbaar solank ons deur ander bemin word - en geen mens is nutteloos solank hy 'n vriend het nie” ~Robert Louis Stevenson (1850–94) Skotse skrywer en digter.
Quote of the day: "So long as we are loved by others I should say that we are almost indispensable; and no man is useless while he has a friend." ~Robert Louis Stevenson (1850–94) Scottish novelist, essayist, poet. Ns. Verskeie internet bronne is geraadpleeg.
|
|
|
Post by katrienakatryn on Apr 16, 2008 6:34:33 GMT -5
16 APRIL Annie Oakley (1922) 1346 Koning Stefanus IX van Serwië proklameer homself as Tsaar van Griekeland 1828 Francisco Goya y Lucientes, Spaanse skilder/animasie kunstenaar sterf in die ouderdom van 82 1867 Wilbur Wright, bekend vir sy aerodinamika (Wright Broers) word gebore 1883 Paul Kruger word verkies tot president van Transvaal 1917 Lenin keer terug na Rusland om die Bolsjewistiese revolusie te begin 1922 Annie Oakley stel 'n rekord op deurdat sy 100 klei duiwe agtereenvolgend breek 1942 Koning George VI ken die George Kruis medalje toe aan die bewoners van die eiland Malta 1945 Die rooi leër begin die veldslag van Berlyn 1958 Die Frans-beheerde Gilliard kom tot 'n val as gevolg van die Tunisiese krisis 1962 Brazilië nasionaliseer VSA bedrywe 1966 Rhodesiese Eerste Minister, Ian Smith breek diplomatieke bande met Brittanje 1993 Die jurie spreek 'n 'skuldig' vonnis uit in die Federale saak teen die polisiebeampte wat Rodney King te lyf gegaan het. Die uitspraak word egter nie gelees voor die 17e April nie Aanhaling vir die dag: "'n Mens se waarde word waarlik gemeet aan hoe hy diegene, wie hom tot geen voordeel kan strek nie, behandel"~Ann Landers Quote of the day: "The true measure of a man is how he treats someone who can do him absolutely no good."~Ann Landers Ns. Verskeie internet bronne is geraadpleeg insake bogenoemde inligting Dankie aan vir die Afrikaanse vertaling van hierdie samestelling
|
|
|
Post by katrienakatryn on Apr 17, 2008 7:51:12 GMT -5
17 APRIL Benjamin Franklin 1421 Die dyke by Dort, Nederland breek, 100 000 verdrink 1521 Martin Luther geban uit die Rooms Katolieke kerk 1790 Benjamin Franklin VSA sterf in die ouderdom van 84 1808 Bayonne dekreet deur Napoleon I van Frankryk beveel die beslaglegging van Amerikaanse skepe 1875 Snoeker (variasie van 'pool') bedink deur Sir Neville Chamberlain 1894 Nikita S Khrushchev, Eerste Sekretaris van die USSR (1953-64) gebore 1927 Japan se Wakarsoeki regering kom tot 'n val/Baron Tnaka word die president 1932 Keiser Haile Selassie van Ethiopië beëindig slawerny 1937 Animasie karakters Daffy Duck, Elmer J Fudd & Petunia Pig lewer hul debuut 1939 Stalin teken die Brits-Franse-Russiese anti-nazi verdrag 1975 Phnom Penh kom tot 'n val onder Kommunistiese oproer, wat die vyf-jaar Kambodjaanse oorlog beëindig 1989 Poolse vakbond ontvang wetlike status Aanhaling vir die dag: "Berou oor dinge wat ons gedoen het kan met tyd getemper word. Dit is egter berou oor dinge nagelaat wat ontroosbaar is."~Sydney J Harris Quote of the day: "Regret for the things we did can be tempered by time; it is regret for the things we did not do that is inconsolable."~Sydney J Harris Nota: Verskeie internet bronne is geraadpleeg insake bogenoemde inligting Baie dankie aan vir die Afrikaanse vertaling van hierdie samestelling
|
|
|
Post by katrienakatryn on Apr 18, 2008 4:19:24 GMT -5
18 APRIL Albert Einstein 1480 Lucretia Borgia, gifmoordenares, dogter van Pous Alexander VI, is gebore 1775 Paul Revere & William Dawes waarsku "The British are coming!" 1879 Verhoor van Standing Bear-Crook oor Indiaan regte begin 1902 Denemarke is die eerste land wat van vingerafdrukke gebruik maak om kriminele mee te identifiseer 1927 Chiang Kai-shek stig 'n teen-regering beweging in China 1948 Internasionale justisie hof open in Hague, Nederland 1949 Die republiek van Ierland breek weg van die Britse Statebond 1955 Albert Einstein, Amerikaans/Duitse fisikus sterf 1974 Rooi Brigade ontvoer die Italiaanse prokureur generaal Mario Sossi 1975 John Lennon stel "Stand by me" vry 1994 Brian Lara behaal 375 lopies vir Wes Indië teen Engeland om so Sober se wêreld-rekord te klop Aanhaling vir die dag: ”Mens sien in die wêreld dit wat jy in jou hart ronddra”~Openingstoneel van "Faust" Quote of the day: "A man sees in the world what he carries in his heart."~Opening scene of "Faust" Ns. Verskeie internet bronne is geraadpleeg insake bogenoemde inligtingBaie dankie aan vir die Afrikaanse vertaling van die samestelling
|
|
|
Post by katrienakatryn on Apr 21, 2008 0:38:34 GMT -5
19 APRIL Captain James Cook 1587 Sir Frances Drake seil Cadiz, Spanje binne en sink die Spaanse vloot 1770 Kaptein James Cook sien Australië vir die eerste keer 1782 Nederland erken die VSA 1840 Andrea Bezzola, skrywer, gebore op die dag 1881 Benjamin Disraeli, Eerste graaf (Beaconsfield) romanskrywer, sterf 1909 Joan of Arc word tot Heilige verklaar 1923 Nuwe Egiptiese wetgewing verleen stemreg aan mans, soldate uitgesluit 1947 Franse Skip blaas op in die Texas hawe, ongeveer 522 mense gedood 1964 Regse staatsgreep in Laos, Suvanna Phuma bly egter die premier 1994 Rodney King word $3 800 000 toegeken vir kompensasie a.g.v. die aanranding op hom deur die polisie Aanhaling vir die dag: ”Per slot van sake ken mens jou eie swakhede so goed; dat dit nogal verbysterend is wanneer kritici dit miskyk, en ander bedink!”~Edith Wharton (1862 -1937) Quote of the day: "After all, one knows one's weak points so well, that it's rather bewildering to have the critics overlook them and invent others." ~Edith Wharton (1862 - 1937)" Ns. Verskeie internet bronne was geraadpleeg insake bogenoemde inligting.Dankie aan vir die Afrikaanse vertaling van hierdie samestelling
|
|
|
Post by OscarWillebeest on Apr 21, 2008 11:04:11 GMT -5
20 APRIL Marcus Aurelius 0121 Marcus Aurelius, 16e Roomse keiser en filosoof se geboorte 0753 Tradisionele datum vir die stigting van Rome 1441 Gedurende die Raad van Florance, reik Pous Eugenius IV die pouslike bul "Etsi non Dubitemis" uit 1775 Die Britte begin die beleg van Boston. 'n Gevolg hiervan is dat New York 'n nuwe konstitusie, as 'n onafhanklike stad, aanneem. 1782 Nederland gee erkenning aan die VSA 1792 Frankryk verklaar oorlog teen Oostenryk, Pruise en Sardinie. Dit is die begin van die Franse Revolusionere oorloe. 1841 Publikasie van die eerste speurverhaal: Edgar Allan Poe se "Murders in the Rue Morgue." 1889 Adolf Hitler se geboortedag (pleeg selfmoord 30 April 1945) 1902 Marie Curie isoleer die radio-aktiewe element radium 1918 Kanadese Kaptein, R. Brown skiet die (Duitse) Rooi Baron, Manfred van Ricthofen af 1929 Die eerste Italiaanse parliament, wat in totaliteit uit Mussolini se fasciste bestaan, open. 1959 'n 1211kg Witdoodhaai is die grootste vis nog wat gevang word met 'n stok. 1961 Opstand en verset breek uit in Angola. 1963 Die Beatles en die Rolling Stones ontmoet vir die eerste keer. 1999 Twee studente gaan die Culumbine High School in Littleton binne en brand los met verskeie vuurwapens. 13 studente en 1 onderwyser word gedood. 25 word verwond en die moordenaars pleeg selfmoord deur hulself te skiet Gedagte vir die dag "Die vangnet vir vis bestaan net as gevolg van die vis. Wanneer die vis gebuit is, kan die vangnet vergeet word. Die wipyster vir die haas bestaan bloot as gevolg van die haas. Wanneer die haas gevang is, kan die wip vergeet word. Woorde bestaan as gevolg van hulle betekenis. En sodra die betekenis gesnap is, kan die woorde maar vergeet word. Waar sal ek tog nou 'n mens opspoor wie die woorde vergeet het, sodat ek met hom kan praat?"~ Chuang Tzu Thought for the day "The fish trap exists because of the fish. Once you've gotten the fish you can forget the trap. The rabbit snare exists because of the rabbit. Once you've gotten the rabbit, you can forget the snare. Words exist because of meaning. Once you've gotten the meaning, you can forget the words. Where can I find a man who has forgotten words so I can talk with him? ~Chuang Tzu Ns. verskeie internet bronne is geraadpleeg insake bogenoemde inligting.Dankie aan vir die Afrikaanse vertaling van hierdie samestelling.
|
|
|
Post by katrienakatryn on Apr 22, 2008 8:44:19 GMT -5
21 APRIL John Adams -043 Marcus Antonius word verslaan by Octavian naby Modena, Italië 1526 Mongoolse keiser Babar vernietig die Indiese leer van Ibrahim Lordi 1689 William III en Mary II word gesamentlik gekroon as koning en koningin van Engeland, Skotland en Ierland 1789 John Adams word ingesweer as VSA se vise-president, 9 dae voordat Washington as president ingesweer word 1836 Generaal Sam Houstan verslaan Santa Anna in die veldslag van San Jancinto. Texas oorwin onafhanklikheid van Mexico 1898 Die Spaans-Amerikaanse oorlog neem 'n aanvang 1910 Mark Twain sterf op die ouderdom van 75 1918 Duitse vegvlieënier, Baron von Richthofen, "Die Rooi Baron", is afgeskiet en gedood 1926 Elizabeth II, koningin van Engeland, se geboortedag 1961 Die franse weermag rebelleer in Algerië 1972 Apollo 17, die laaste Apollo missie, land op die maan 1975 Die laaste Suid-Vietnam president, Nguyen Van Thieu, bedank 1989 100 000 Chinese studente kom byeen in 'n vreedsame protes in Tiananmen Square 1995 Federale gesag arresteer Timothy Mc Veigh in verband met die Oklahoma bombardering Aanhaling vir die dag: "Ons grootste veinsing word opgebou, nie om dit wat lelik en bedorwe in ons is te versteek nie, maar die leegheid binne ons. Dit is die moeilikste taak om iets te versteek wat afwesig is."~Eric Hoffer, Passionate State of Mind, 1955 Quote of the day: "Our greatest pretenses are built up not to hide the evil and the ugly in us, but our emptiness. The hardest thing to hide is something that is not there."~Eric Hoffer, Passionate State of Mind, 1955 Ns. Verskeie internet bronne is geraadpleeg insake bogenoemde inligtingDankie aan vir die Afrikaanse vertaling van hierdie samestelling
|
|
|
Post by OscarWillebeest on Apr 22, 2008 10:58:35 GMT -5
[glow=red,2,300]22 APRIL[/glow]
1451 Isabella I word gebore (heerseres van Castile en Aragon tesame met haar eggenoot Ferdinand)
1509 Henry VIII word gekroon as koning van Engelnd na die dood van sy vader, Henry VII
1616 Die spaanse digter Cervantes sterf in Madrid (Sekere bronne stel sy doodsdatum as 23 April)
1834 Die eiland St Helena in die Suidelike Atlantiese Oseaan word 'n Britse Kolonie
1915 Moderne chemiese wapens word vir die eerste keer in oorlog gebruik. Duitse troepe stel chloorgas vry van verskeie metaalsilinders op die voorste linies by Ypres, Belgie gedurende die Eerste Wereldoorlog. Die wolk onwelriekende geel-groen gas word deur die wind gewaai oor die Franse loopgrawe en 5 000 soldate sterf 'n pynigende dood
1938 45 werkers gedood in 'n steenkoolmynontploffing by Keen Mountain in Buchanan County, Va
1960 1 575 mense word aangehou onder die Suid Afrikaanse noodtoestand
1970 Miljoene Amerikaners besorgd oor die omgewing vier die eerste Aarddag
1983 Die Wes Duitse nuustydskrif, Stern, kondig die ontdekking van 60 volumes persoonlike dagstukke aan wat vermoedelik deur Adolf Hitler geskryf i. Dit blyk egter later 'n bedrogspul te wees.
AANHALING VIR DIE DAG "'n Boek is 'n weergawe van die wereld. As jy nie daarvan hou nie, ignoreer dit of bied jou eie weergawe op jou beurt." Salman Rushdie, skrywer. 1947 - QUOTE FOR THE DAY A book is a version of the world. If you do not like it, ignore it; or offer your own version in return." ~Salman Rushdie, writer (1947- )
Baie dankie aan vir die Afrikaanse vertaling van hierdie samestelling.
|
|