Post by on Apr 12, 2008 8:56:11 GMT -5
Vanaand gaan ek sommer met die deur in die huis val, mamma. En skryf soos dit in my kop opkom en soos my vingers op die toetsbord voortsnel.
Ek het vanaand vier borde uitgehaal, toe dit kosgeetyd is. Vier borde. Een vir jou. Ek het die een bord weer weggepak. En met 'n swaar hart. Ek sien jou sit in die stoel, toe ons noot vir noot kyk. Vanmiddag, met die krieket, het ek gedink jy sou wou weet van die Proteas se stand van sake. Ek wat self krieket so interessant vind soos om te kyk hoe 'n mot eiers le, of hoe verfwerk droogword. Want jy het dit met soveel belangstelling gevolg. Gister nog. En vandag, vandag praat ek in die verlede tyd!
Op 15 November het ek die oproep gekry dat jy 'n beroerte gehad het. Ek was daar, langs jou bed, met al die pypies en die masjiene wat soos die binnekant van 'n groot vliegtuig kajuit lyk. Ek ek het gebid. En gevra. Vir my Here. Wat my nog altyd genadig was. Dat dit nie die einde sou wees nie. Daar was nog te veel wat ek jou wou se en vertel. En toe my besluit, toe jy wel beter word, om jou sak en pak na my te laat kom. Jy kon nie eens self eet nie. Nie self loop nie. Nie self was nie. Dit was oorweldigend. Ek het geweet dit sou soveel van my eis. Maar dit was my tweede kans.
Jy het gekom. Ek het vir 'n week 'n tuis verpleegster gehad. En toe net ek, en Sarah, die juweel in my huis. Ons het reggekom. Gou ons roetine uitgewerk en ek kon telkens jou handjie vat, jou mooi goed-versorgde handjie wat nog steeds so pragtig was na bykans 80 jaar se harde werk en opofferinge en dit soen, en jou telkens van my liefde vir jou verseker en die dankbaarheid dat jy gespaar was. Jou herinneringe was maar skraps aanvanklik, jy het in die verlede rondgedobber. Maar gaandeweg, daagliks, het jou ware jy, my mamma, weer na vore gekom. Selfs jou humorsin. Jy het weer jy geword. Ek was so verheug.
Jy het weer begin treetjies gee. Eers versigtig, stram, met die loopraam. Toe al hoe meer en meer. Totdat jy op 'n dag die gang afgekom het sonder die raam, slegs met die twee krukke. En ja, jy HET geval. Daardie een aand. Toe ek my morsdood geskrik het. En Chris jou opgetel het soos 'n veertjie en ek my aan my groot sterk seun verstom het.
Snags het jy vroeg bed se kant toe gestaan. Die dag was dan te veel. Maar jy het my elke aand die vreugde besorg om te sien dat die dag vir jou veel beteken het. Jou dankbaarheid oor elke klein dingetjie was so verblydend. Ek het gesien hoe jy jou kos geniet, en ek het met meer entoesiasme die een gereg na die ander uitgetoor. My verbeelding het geen perke gehad nie. Jy het gewig begin aansit. Die verrimpelde vel het al gladder oor die vetlagies begin trek.
Eergister stel ek voor jy kom saam my na my haarkapster. Die ultimate bederfie vir enige vrou, van 8 tot 88. En jy klim flink in die bakkie in en daar gaan ons. My man spot nog dat geen vrou vinnig genoeg kan loop as sy haarkapster toe kan gaan nie. Lelanie en Retha daar dink ek het gejok toe ek hul vertel het hoe siek jy was. Hul tower jou so mooi, dat ek langs jou in die spieel afsteek. Jy was nog altyd 'n baie mooi vrou, mamma. As klein dogtertjie kon ek ure na jou kyk as jy jou mooi maak voor Daddy van die werk af kom. Die prentjie langs my in die spieel is daardie mooi vrou. Ons spot en se ons gaan 'n ryk wewenaar tussen my beleggings leers uitkrap vir jou.
Jy baby daai mooi hare. Dit moet hou. Sondag, vir die eerste keer, gaan jy saam ons kerk toe. Weer. Na God se huis. Die God waarvoor jy my so lief gemaak het. Tussendeur kry jy glipsies. Water wat jy self wil dra, mors. Toilet haal jy soms nie betyds nie. Ek, die ewige perfeksionis. Ek wag vir die oomblik van geduld verloor. Dit kom nie. Snaaks genoeg, dis net nie daar nie. Ek het nie tyd om daaraan te dink nie. Ek bly besig met jou.
Gisteraand besluit ons ons gaan vanoggens vroeg om 10 uur plaas toe. Na Annere en ons mooie fraaie Ella-Mae en Marc se plaas toe. Ons is opgewonde. Ek maak kaaskoek wyl jy saam tv kyk en verstom jou weereens aan hoe ek so vinnig so gou so lekker iets kan aanmekaarflans. Ons hang jou kleertjies uit wat jy gaan aantrek. Ek nagsoentjie jou. En gaan die aand verder geniet saam met my gesin. My man en seun. Hulle bederf tyd, omdat ek soveel tyd en energie aan jou afstaan.
Drie uur vanoggend word ek wakker van die hewige storm. Die ligte is uit. Ek wil na jou gaan met die flits, maar besluit dit is onnodig, jy slaap deur die storm met jou dowe oor na bo gedraai. Ek raak loom weer aan die slaap. Ek word sewe uur wakker en woel my slaaplekker lyfie dieper in die matras, besluit om nog 'n rukkie te dut. Agtuur word ek wakker en wonder of jy al op is. Ek gaan kombuis toe om jou ontbyt skinkbord voor te berei. Dit bly stil in jou kamer. Ek besluit daar is fout. Ek weet. Toe ek die toe deur voor my sien, weet ek net. Ek is voorbereid op wat wag. Of so dink ek. Ek gaan in en jy le daar. In 'n slaaposisie, baie bleek, maar pragtig verder. Al wat my ontstel is jou oop mond. Ek weet. Maar wil nie weet nie. Ek roep my man. Hy kom, gaan in ek kom uit en skud sy kop vir my in die gang.
Dit is verby. Dit is verby. Iewers in die nag het jy die stryd verloor. Dit is nie meer jy daar binne nie. Ek bel die dokter, en die begrafnisondernemer. Werktuiglik. Ek gaan in en gaan sit by jou op die bed. Neem jou koue, stywe hand in myne en praat. Alles wat ek se, het ek al soveel keer herhaal in die afgelope maand. Dankie, God, dat ek kon. Dat ek dit vir haar kon se. En dat sy met haar ogies vir my kon wys hoeveel dit vir haar beteken het.
My laaste woorde toe hulle jou in die wa laai, met die sakke om jou is: sy is dalk vir julle net 'n lyk. Vir my is sy my mamma. Kyk mooi na haar.
Mamma. 80 jaar is verby. Was dit genoeg? Nee! Dit sou ook nie genoeg gewees het al was dit 90 jaar nie. Maar ek weet ook dat God goed was, my die tweede kans gegee het. Ek het vandag die liedere uitgekies vir jou begrafnis, Mamma. Die mooiste liedere. Ek gaan hulle Dinsdag uit volle bors sing, met dankbaarheid uit my hart. Ek het baie om voor dankbaar te wees. So baie. Ek het jou kleertjies weer teruggehang. Ek gaan Maandag jou mooi broekpakkie neem om aan te trek vir jou laaste afskeid op aarde. Die een wat jy Kersdag aangehad het toe jy vir die eerste keer jou agterkleinkind, die fraaie Ella-Mae gesien het. Mams, jy kan nie sterf nie. Jy leef in my. En in my twee kinders. En jou agterkleinkind.
Tot ons weer ontmoet, Mams. Vanaand gaan ek my verbeel dit is weer kleintyd toe Daddy skofte gewerk het, en ek na jou bed gesluip het en jy met jou mooi lang naels my rug gekrap het tot die vaak my kom haal. Niks kon my seermaak nie. Want jy was daar. Jy sal altyd daar wees, Mamma.
Geskryf 04=01-2008