Post by annie on Apr 8, 2008 16:36:18 GMT -5
Verstaan dat die volgende my persoonike menings is t.o.v. ons huidige musiekakademie...
Op hierdie stadium kry ons twee verskillende mediums... UNISA en ALMSA ... nou... UNISA is basies jou klassieke musiek uit verskillende eras...vir elke graad het jy 'n keuse uit drie stukke per lys, waarvan jy 1 kies en daar is 4 lyste. Dan kry jy jou toonlere...gehoortoets ens. Jaarliks speel jy jou stukke voor 'n eksaminator, wat bepaal of jy gereed is vir die volgende graad of nie...(prakties) ...Afsonderlik het jy jou teorie, en jaarliks doen jy jou teorie eksamen wat slegs deur UNISA eksaminators nagesien word.
ALMSA werk basies op dieselfde prinsiep maar die musiek wat gespeel word is meer hedendaags...jy as student kan ook jou eie keuses van stukke speel afhangende natuurlik van die graad.
Ek wil nie te veel uitbrei oor die tegniese omvattenheid van die akademie nie...maar ek weet dat UNISA die enigste aanvaarbare akademie was, wat deur instansies aanvaar is... in die opsig dat studente...(op skoolvlak) as deel van hulle prestasies deur die jaar daarvoor meriete toekennings kon ontvang...
ALMSA aan die anderkant het menigmaal kapsie aangeteken, aangesien hulle formaat nie in dieselfde kapasiteit gesien is nie...
Stel jou voor... jou kind is in gr. 3 en speel sy/haar 1ste ALMSA klaviereksamen, waarvoor hy/sy 90% behaal. 'n Ander leerder in dieselfde klas speel ook, maar die doen UNISA eksamen en behaal ook 90%. Aan die einde van die jaar gedurende prysuitdeling kry net die UNISA leerling 'n meriete toekenning van die skool. (Hoe verduidelik 'n mens dit aan 'n 8jarige wat net so hard geoeffen het...?)
Ek wil graag noem dat vanaf die begin van hierdie jaar... ALMSA volle erkenning net soos UNISA geniet...en dit, is inderdaad 'n stap in die regte rigting....
Welgedaan aan almal betrokke....
ps. my kinders doen UNISA en ALMSA... (en dit was voorwaar 'n nagmerrie)