Post by OscarWillebeest on Apr 2, 2008 17:51:52 GMT -5
Anna Combrinck is na die lykshuis toe, 6 jaar gelede.
En Anna Combrinck het bitterlik gehuil toe sy haar man se lyk uitken.
En Anna Combrick is huis toe om haar verlies te bertreur, terwyl die polieste Henry se fingerprints gevat het. Ennie volgende week bel die vet wit sersant vir Anna Combrinck om te se dis definitief haar Henry wat desmoers daar oppie slagtafel gele het.
Anna Combrinck het toe vir haar Henry met ‘n pragtige kis, en ‘n moerse klomp blomme, asook baie trane die ewigheid ingestuur. Maar dis nie al nie, want Anna Combrinck het ook ‘n stukkie van haar siel, saam met haar Henry die ewigheid ingestuur, daardie soel herfsdag, innie Pretoria.
En ses jaar later loop Anna Combrinck toe, tesame met haar neef, een Saterdag oggend by die Pick en Pay in. En Anna Combrinck sweer dis haar Henry wat daar voor by die ingang sit en bedel.. En Anna Combrinck is huis toe, en Anna Combrinck het getob, en Anna Combrinck het haar neef gestuur om te gaan check. En Anna Combrinck se neef kom terug, en se toe ja, dit is Anna Combrinck se Henry.
Nou is Anna Combrinck erg confuced, want sy weet nie hoe de fok issit possible nie.
En Anna Combrinck gaan check toe self, saam met haar neef: Ja, dis beslis haar Henry, met al sy aardse besittings in ‘n vuil grocery sak. Nou is Anna Combrinck totally out of it, en sy gil haar pad in stilte oop na die polieste.
Se Anna Combrinck virrie vet wit sersant: “Julle moet die ou se fingerprints vat, sodat die government hom lewendig kan verklaar.”
Dink die vet wit sersant diep na, terwyl hy aan sy yskoue Coke teug. Dan sug hy, en se: “Anna Combrinck, luister nou baie mooi vir my: never maaind of jou Henry lewe of nie, maar ‘n man wat bedel… so ‘n man is erger as dood, finish en klaar.”