Post by OscarWillebeest on Jun 6, 2008 6:22:02 GMT -5
Die reg om te lewe, maar nie die reg om te sterwe nie? Die reg om jou lewe te lei aldus jou eie persepsies, maar nie om te sterf daarvolgens nie? Die reg op waardigheid, solank dit die meerderheid behaag. Wat ook al die geval: selfmoord is en bly ‘n wesentlike onderwerp, en nog nooit was dit so binne elke mens se bereik nie.
Al wat jy benodig is 40 US dollars, en ‘n vliegtuig kaartjie na Mexiko, waar jy gou ‘n botteltjie pentobarbital koop, dit afsluk, rustig aan die slaap raak, en voila, jou asemhaling kom pynloos tot ‘n einde! Newwer maaind of dit eintlik ‘n veeartsenykundige produk is nie!
Oregon (in die VSA), Luxembourg, Nederland, en Belgium is sover die enigste plekke in die wereld waar “bygestaande” selfmoord, eufemisties euthanasia genome, toelaatbaar is. Tog is dit vir my ‘n aanduiding dat sulks al hoe meer aanvaarbaar is. Natuurlik is daar ook die geval van die Amrikaanse dokter, Jack Kevorkian wat meer s 100 mense bygestaan het met die voortydse beeindiging van hulle lewens. En hy is slegs aan moord met versagtende omstandighede skuldig bevind.
Afhangende van jou persoonlike opinie is selfmoord natuurlik aanvaarbaar of nie, en ja: dit laat homself bloot vir misbruik. Dus behoort dit in alle gevalle uiters streng beheer te word. Nogtans moet ons die saak nugter beskou, en NIE sodanig per se veroordeel op grond van ons eie persoonlike redes, of godsdienstige oortuigings nie.
Die enigste vraag wat ons onsself moet afvra, in my opinie, is: Is almal van ons geregtig daarop om ‘n waardige dood te sterf? Indien wel, dan is daar mos wragtig geen sin om bv ‘n erg verminkte persoon teen sy of haar wil aan die lewe te hou nie? En gaan ons regtig so iemand forseer om teen sy of haar wil vir moontlik nog baie jare in die grootste mentale ellende voort te leef?
Indien jy jouself in so iemand se skoene bevind, sou jy nie ook eerder verkies het om dan eerder met waardigheid te sterf nie? Ek sou, beslis.