Post by jade on May 26, 2008 2:02:48 GMT -5
Soos ‘n wilde dier wat op en af teen ‘n heining hardloop, met nerens om heen te gaan nie, so was Celeste. Ingekamp deur alles wat geld kon koop het sy op en af gehardloop teen die heining van haar omstandighede. Onvergenoegd, met haar kinders as enigste troos en ‘n lewe uitgemeet tot in die fynste detail.
Mens sou reken sy kon nie vir meer vra nie, mens sou reken sy sou nie vir meer wou vra nie…. Tog het sy, alhoewel sy dit nie kon verwoord nie. Want sien, die drome het haar lewe begin oorheers, en soos dit iemand van haar status betaam het sy by haar shrink gaan aanklop, wat haar gewaarsku het sy moet dit verban. Maar hoe kon sy? Want elke aand, elke dag was hy daar, en het hy haar, die ware Celeste, verstaan, was hy die enigste een wat haar verstaan het. Sy het hom so bitter nodig gehad, en dus het sy onbevange voort gedroom.
Maar haar kans om weg te breek uit die figuurlike kamp waarin sy toegesluit was sou uiteindelik aanbreek, sonder dat dit vooraf beplan was, en sonder dat sy dit so bedoel het…. op ‘n dag wat veronderstel was om maar net nog ‘n dag, soos enige ander dag in haar perfekte lewe te wees.
Dit was die dag toe sy die groentewinkel in Yeoville ingestap het, om aanwysings na die homeopaat, wat deur haar vriendin Annie aanbeveel is, te vra.
Daar, agter die toonbank, omring deur half-pap tamaties en die reuk van verrottende uie, het hy gesit; die man wie sy elke aand in haar drome bemin het, die man wie van daardie oomblik af, saam met haar kinders die rede vir haar bestaan sou wees. Nie eens die muggies wat bo die groente rondgedraai het, kon haar sover kry om haar oe van hom weg te skeur nie. Sy het nie sy naam geken nie of waar hy vandaan kom nie. Sy het net geweet dis HY, die een, die enigste een.
Hulle oe het ontmoet, en terselfdertyd hulle siele, en sy het haar Louis Vitonne handsak laat val. ‘Dis hy! Dis hy!’ was al wat haar verstarde gedagtes kon besig. Sy het haar ore toegedruk met beide palms, want sy wou dit nie hoor nie, sy kon dit nie glo nie. Sy mog nie. Maar om die dood kon sy steeds nie haar oe uit syne losmaak nie, en wat sy gesien het, was genoeg om enige regdenkende mens to waansin te dryf: Want in sy oe, het sy haarself gesien- beide kante van haarself- die gesofistikeerde Celeste, wat haar skielik verafsku het; maar ook, die weerlose, hunkerende Celeste, die Celeste uit haar drome.
Uiteindelik buk sy en raap haar handsak van die vloer af op, draai om en hardloop na buite, so vinnig dat sy teen die randsteen geval het. Die verbygangers het haar agterna gestaar. ‘Sy’s gesuip, so vroeg innie oggend.’ het ‘n rietskraal tannie vir haar man gefluister. Sonder om verder na die homeopaat te soek het sy terug gery, in haar blinknuwe 4x4, na haar voorstedelike huis in Bryanston, waar sy snikkend op haar bed neergeval het. Daardie nag het sy weer van hom gedroom.
Die volgende dag was sy terug. Sy wou nie, sy moes! En elke dag daarna, elke keer net om ‘n bossie spinasie gekoop. Net om hom nog een keer weer te sien. Sy het ‘n drom na die motorhuis gesleep, en elke dag die bossie spinasie in die drom gesit, dag na dag, en die drom versigtig toegemaak, elke keer.
Na drie weke het die motorhuis van muggies gewemel, en haar man het begin mor, maar sy het geweier om dit skoon te laat maak. Hy het haar maar laat begaan, want sien, hy het geweet om nie met Celeste te mors wanneer sy in een van haar onverklaarbare buie was nie. Buitendien, hy was lief vir haar, al was daar na 13 jaar van getroude lewe nie veel van ‘n sielsontmoeting nie.
Maar elke aand was Stoffel daar, in haar drome, en elke dag was sy innie groentewinkel in Yeoville. Soms net vir ‘n paar minute, maar later ure aaneen. Stoffel het haar geleer van die mooi dinge in die lewe, die eenvoud van tevredenheid. En sy het geweier om haar shrink weer te besoek, want hoe sou sy dit kon verduidelik?
Soms het hulle afgespreek om iewers te ontmoet, en dan het Stoffel in ‘n minibus-taxi opgedaag, want hy had nie ‘n motor nie. En dikwels het hy die winkel gesluit, die 'Closed for Stock Taking' bordjie uitgehang, en dan het hulle die tyd in die eenvoud van sy kamertjie, wat agter die winkel was spandeer, in mekaar se arms, op sy dun sponsmatrassie.
Sy weet sy mog nie, maar sy kon haarself nie meer keer nie. Haar perfekte kinders, so het sy gereken, was al wat tussen haar en haar geluk gestaan het. Hulle was die enigste twee mense wat sy onvoorwaardelik liefgehad het, voor Stoffel.
En elke dag, was daar nog ‘n bossie spinasie in die drom.