Post by katrienakatryn on May 17, 2008 12:05:49 GMT -5
Dit was 1864, midde-in die Amerikaanse burgeroorlog, en dit was ook die jaar toe die wyse van oorlogvoering rigtingduidend verander het. So uniek was hierdie gebeurtenis dat dit nie vir die volgende 50 jaar herhaal sou word nie, en jare daarna ‘n integrale deel van die meeste militêre strategieë geword en gebly het.
Ons verwys natuurlik na die “Confederate” duikboot, H.L. Hunley, wat daarin geslaag he tom die “Union” se oorlogssloep, die Housatonic, buite Charleston, Suid-Carolina te sink. Hierdie “prestasie” sou eers weer na 50 jaar ge-ewenaar word, en wel in Augustus 1914, toe die U-21 die HMS Pathfinder in die Noord See sink. En dit was dit… of was dit?
Suid-Afrika is op ‘n vreemdsoortige manier indirek by hierdie gebeurtenis betrek, by wyse van ‘n ander, baie bekende konfederale skip, die Alabama, waarmee meeste Suid Afrikaners vertroud is (aangesien dit Kaapstad besoek het tydens die Amerikaanse burger oorlog en so ‘n groot indruk op die plaaslike gemeenskap gemaak het dat hulle ‘n onsterflike lied daaroor geskep het, wat tot vandag toe uit volle bors deur menige burger, insluitend die uwe, gesing word: “Daar Kom Die Alabama”) Die skip is gesink deur die US Kearsage, waarna laasgenoemde gestrand het op Venezuela se Roncador rif. En die eienaardigste daaromtrent was dat die bemanningslede van die Kearsage eenparig getuienis afgelê het dat hulle agtervolg, aangeval en gestamp is deur ‘n mens-gemaakte duikboot!
Het iemand, op die een of ander wyse, daarin geslaag om ‘n ander en by verre meer gevorderde Hunley te bou? Indien wel, waarom, en was dit ooit enigsins moontlik? Watter geheime skuil daar diep onder die blou van die see, waar duikbote stilweg sluip deur die duistere waters van die 7 oseane?
Maar dit is vir later. Waarin ons nou belangstel is in die H.L. Hunley, wat 136 jaar na hierdie gebeurtenis herwin is.Met ‘n rudimentere snorkel stelsel, asook blaasbalke om lug te pomp, teengewig tenks met pompe, en ‘n buite oppervlak met versonkte klinknaels om weerstand te verminder. O, die oorspronklike bedoeling was om dit met elektromagnetiese enjins toe te rus, maar destyds se tegnologie was nog nie gereed daarvoor nie. Dus het 8 mans aan die binnekant van die duikboot gesit en ‘n krukas gedraai wat ‘n propeller aangedryf het. Natuurlik was torpedo’s ongekend in daardie jare, en dus wonder ek hoe het die Hunley daarin geslaag om die Housatonic te sink?
Enige inligting met betrekking tot die Hunley sal regtig waardeer word. Spesifiek die hoekom, die wie en die hoe, asook tegniese spesifikasies. Ek kan ‘n uitstekende artikel daaroor in die National Geographic van omtrent 10 jaar gelede, onthou – maar is nie seker waar om te begin soek nie.