Post by annie on Apr 26, 2008 15:07:39 GMT -5
Meer as 100 miljoen mense regoor die wereld het gestem om die nuwe sewe wonders van die wereld te kies.
1) Taj Mahal
Agra - Indië (klaar ongeveer 1648)
Dis dalk die wereld se swierigste graftombe, die Taj
Mahal wat as die laaste rusplek vir die geliefde vrou van
keiser Shah Jahan gebou is. So 20 000 werkers het die
monument met wit marmer gebou en met skitterende
juwele soos turkoois, niersteen en ametis versier. Elke
jaar besoek drie miljoen mense die Taj Mahal.
2) Petra
Suidwes-Jordanië (klaar ongeveer 200 V.C)
Omtrent 30 000 mense het in die klipstad gewoon. Dis uit
die rotshange gekerf en was 'n vesting vir gesoute
handelaars wat Nabataene genoem is. Hierdie stad
was 'n florerende sentrum vir sake en kultuur. Jy kan nog
deur die gebou se skouspelagtige ingange stap tot in die
kamers wat diep in die berghange uitgebeitel is.
[3) Machu-Picchu
Naby Cusco, Peru (klaar ongeveer 1450)
Dit word dikwels die verlore stad in die wolke genoem,
want dis 2,430m hoog in die Andesgebergte. Die
kompleks van 100 geboue was 'n uitspanplek vir die
magtige Inka-koninklikes. Die bouers het die groot rotse
sonder voertuie met wiele of groot diere geskuif en 'n
uitgebreide waterstelsel, met fonteine wat vandag nog
werk, daar gebou.
[4) Die Colosseum
Rome, Italië (klaar in 80 N.C)
Wilde diere en mense het voor 50 000 bloeddorstige
toeskouers tot die dood toe teen mekaar geveg in hierdie
stadion. Soms is die stadion met water oorstroom sodat
die gladiatore op skepe kon veg.
[5) Christusbeeld
Rio de Janeiro, Brazilië (klaar in 1931)
Dit staan op die 794m hoë Corcovado - berg en is hoër
as 'n gebou van twaalf verdiepings. Die Christusbeeld
weeg so 1,116 ton. Die boumateriaal is met 'n trein teen
die berg opgeneem en dit het die werkers gehelp om die
beeld binne vyf jaar klaar te bou.
6) Chichén Itzá
Yucatán, Meksiko (klaar in die tiende eeu)
Eens die hoofstad van die antieke Maja-koninkryk en is
waar die beroemde Kukulcán-piramide staan. Die
piramide is genoem na 'n leier wie se naam "die
geveerde slang" was. Dit het 365 trappies en op die
eerste dag van die lente en herfs gooi die son 'n
skaduwee wat lyk soos 'n slang wat teen die trap af seil.
7) Groot muur van China
Noord - China (klaar in 1644)
Die groot muur is die langste mensgemaakte struktuur
wat nog gebou is en strek 'n geskatte 7242 km ver. Dis
gebou om China se noordelike grens teen invallers te
beskerm en is oor 2 000 jaar net met die hand gebou.
******************************************************************
DIE OORSPRONKLIKE 7 WONDERS VAN DIE ANTIEKE WERELD
1) Die piramides in Giza, Egipte (+/- 2600 V.C)
2) Hangtuine van Babilon, Irak (datum onbekend)
3) Tempel van Atremis by Efese, Turkye (6de eeu V.C)
4) Beeld van Zeus, Griekeland (5de eeu V.C)
5) Mausoleum by Halikarnassus, Turkye (4de eeu V.C)
6) Kolossus van Rhodos (4de eeu V.C)
7) Vuurtoring van Alexandria, Egipte (3de eeu V.C)
Die piramides in Giza, Egipte is die enigste van die oorspronklike wonders wat nog bestaan.
~ die informasie is uit die "National Geographic kids" Mei 2008 uitgawe verkry ~