Post by on Apr 23, 2008 10:06:43 GMT -5
Ek wil graag hierdie stukkie hier kom plaas, soort van in antwoord op Oscar Willebeeste se stukkie 'Tannie Susan'. Dit sluit aan by wat hy gese het oor 'liefde tot die dood' en selfs nog daarna.
Dit is wat Prof TT Cloete in 'n onderhoud met ons plaaslike koerant ter viering van valentynsdag oor die liefde te se gehad het.
Ek wil graag iets kom plaas wat Prof TT Cloete in 'n onlangse onderhoud met ons plaaslike koerant te se gehad het oor die liefde. So vir valentynsdag het hulle 'n onderhoud met hom gevoer, 9 maande na die afsterwe van sy vrou, Anna. Hulle was 66 jaar saam, en oor die 60 jaar getroud. En meeste van sy werk soos hy se was uit haar gebore. Ek plaas dit graag vir julle almal om te deel. Ek dink dit gaan mens dalk met heel ander oe na die liefde laat kyk?
"Hoe meer pyn my vrou gely het in die laaste vyf jaar van haar lewe, met haar twee kankers, hoe liewer het ek vir haar geword, en al is sy nege maande gelede weg, is ek nog lief vir haar ... daardie transenderende liefde wat selfs die dood transendeer!"
Cloete het gese sy laaste bundel, "Heilige Nuuskierigheid" het kort voor sy vrou se dood verskyn. "Sy was toe al te swak om die bundel vas te hou en die gedigte daarin oor haar in gedrukte vorm te kon lees. Sy het hulle egter in handskrifvorm geken. En, hoe ironies, die gedigte handel oor haar en my. Volgens hom is die mooiste een daarin oor haar sterwe. "Kamerjas op die Divan"
'n Purper warm winterskamerjas
Se wye mou le langsaam op die rusbank
Vingers kraakdun en lank
Sit aan die tenger bleek hand vas
Aan 'n breekdun pols hang die tenger hand
In 'n deurgeskynde vliesdun huis
Van lig wat van binne na buite uit brand
'n Warm purper winterskamerjas
Se wye mou loop langsaam lank
Na 'n langsame polsende slank
Pols af op die rusbank
Langsaam uit 'n kamerjas word sy
Wedergebore uit haarself
Wat agterbly
Cloete se die liefde neem baie vorms en gedaantes aan: altruisme (omgee vir ander, wie jy miskien nie eens ken nie), compassion, die erotiese liefde, wat miskien net 'n paar minute kan duur, maar dan die grootste liefde van alles, die standhoudende liefde wat jou bo jouself in 'n ander dimensie plaas, soos die liefde van man en vrou vir mekaar, van ouers vir hul kinders, van familielede of vriende vir mekaar wat onafhanklik van die erotiese liefde is.
Volgens hom is dit die ding wat die mens van die dier onderskei. Diere ken ook seks, selfs medelye en altruisme, maar hulle ken nie die standhoudende sublieme liefde nie. Volgens Cloete ken hy geen sublieme liefde wat sonder pyn, sonder vrees van verlies, sonder besorgdheid is nie.
Cloete se voorts: "Ons was 'n besonder gelukkige mensepaar, van die eerste oogopslag 66 jaar gelede tot die moment dat ek met haar sterfte haar oe, haar baie mooi diep en helder, baie bekende blou oe, kon toedruk."
"Ek weet nie of twee mense so volkome vir mekaar gemaak was of is as ons nie. Sy was 'n digter sonder dat sy gedigte geskryf het. Ek het by wyse van spreke gedigte wat in haar was, geskryf sonder dat sy ooit 'n woord gese het. Sy was my mede-outeur."
Dis pragtig, ne? Ek moes met julle deel. En veral, met jou Oscar na die diep roerende stukkie 'Tannie Susan'.