Post by OscarWillebeest on Apr 21, 2008 18:58:40 GMT -5
Dit is altyd die mense, nie die plekke nie, wat ek onthou, diep in my hart waar ‘n ieder en ‘n elk vir ewig sal voortleef. Soos tannie Susan van Komkans, n verlate spoorweg stasie iewers tussen Kaapstad en Bitterfontein. Tog, nou se dae staan die geboutjie skaars, met die verlate spoor wat in die hitte verbak, en n jakkals of twee wat perdalks in die murasie se skaduwee skuiling soek. Maar om terug te keer na Tannie Susan…
Baie jare gelede, toe die passasierstrein nog gereeld gehardloop het, het oom Hendrik en tannie Susan op die plaas langsaan in eensaamheid hul gang gegaan. Die jare het gekom, en die jare het gegaan, en tannie Susan het in die stilligheid gedroom omtrent Kaapstad, wat sy haarself voorgeneem het hulle sal nog eendag besoek. En elke keer as die trein oppie stasie gestop het, was die tannie daar om na die passasiers se vertellinge te luister, haarself te verleef in daardie veraf fantasie. Al beurend teen die elemente het sy dan ook in haar stilligheid elke moontlike pennie in ‘n lee koffieblik gebere, vir twee retoerkaartjies. Twaalf sjielings en 40 pennies was ‘n klein fortuin.
Maar die lewe in Namakwaland is ongenadiglik, en so het dit dus gebeur dat die tannie se besoek aan Kaapstad gouer ophande was as wat sy sou wou he. Tog was sy, op n manier, bly, want nou kon sy terugkom om die oom alles te vertel wanner sy met die volgende sonsondergang by sy graf sit.
Toe die dag uiteindelik aanbreek, was tannie Susan reeds vroeg langs die spoor, uitgedos in haar spierwit linne rok, met die bybel, asook ‘n koekblik vol hardgekookte eiers, knopperige frikadelle en tuisgebakte brood. En natuurlik die horingoue, swart en goud Singer naaimasjien, die ene wat nog met ‘n slinger gewerk het: netjies staan gemaak aan haar regterkant, binne-in sy plywood huisie. Want, sedert die oom se dood was dit haar mees verknogte besitting, dit haar bybel… en ‘n grootse verwagting.
Met die heenreis was tannie Susan bedees, en toe die lokomotief die stasie binnestoom het, het sy in stilte gesit totdat die ander passasiers almal afgeklim het. Nou knyp sy die bybel onder haar linkerblad vas, vat die koekblik in haar hand, en tel die Singer in haar regterhand op. Stadig beweeg sy na die stasie se ingang, waar sy haar bagasie staanmaak.
Verdwaas staar sy die gewoel aan, bekyk die berg, en laat hoor: “O, is dit nou die stad?” Waarna sy haar bagasie optel, en haar sitplek vir die terug reis betrek. In stilte sit sy nou haar bybel en lees, tot met haar aankoms op Komkans.
Almal van ons het haar ingewag vir ‘n beskrywing van die verafgelee stad, van hoe Kaapstad daar uitsien. Maar, al wat sy te se gehad het was “besig.” Nie ‘n word verder nie.
”Maar tannie Susan, hoekom so gou terug?”
“Ag, my liewe kind, dis maar nie lekker sonder die oom nie, jy weet.”
Natuurlik was ek nou nie daar met die reis self nie, maar soos ek die tannie geken het, was dit nie so moeilik om myself die gebeure in te dink nie. Vir haar het die liefde nooit gestop by “tot die dood ons skei nie.” Indien moontlik het dit selfs gelei na ‘n versterking van haar gevoel. Ek reken dit was haar manier om die mens se behoefte om liefde te ontvang, en liefde te gee te volvoer. Moes gewees het, want vir jare daarna het sy nog steeds vir oom Hendrik hemde en broeke gemaak van gebleikte mieliemeel sakke.
Mag jy altyd iemand he vir wie jy kan lief wees, en mag iemand jou altyd liefhe, nie net vandag nie, maar vir ewig, vir altyd. En, alhoewel ons mekaar van geen kant af ken nie, wil ek he jy moet weet ek dink vandag aan jou, spesiaal aan jou.